Istanboel

Istanboel

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Turkye Turkye
 Administratiewe gewes Marmara
 Provinsie Istanboel
 Koördinate 41°1′N 28°58′O / 41.017°N 28.967°O / 41.017; 28.967
 Stigting 660 v.C. (Byzantion)
 Stigting van Nova Roma
(Konstantinopel)
11 Mei 330
 Turkse verowering 29 Mei 1453
 Oppervlak:  
 - Totaal 1 830,92 vk km
 Hoogte bo seevlak 40 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2010) 13 120 596
 - Bevolkingsdigtheid 7 166/vk km
 - Metropolitaanse gebied (1 Januarie 2008) 28 550 000
 Tydsone OET – UTC +2
 - Somertyd OEST – UTC +3
 Burgemeester Ekrem İmamoğlu (CHP)
 Amptelike webwerf ibb.istanbul

Istanboel of Istanbul (Turks: İstanbul, [isˈtanbuɫ], ) is die grootste stad in Turkye en met ’n bevolking van sowat 12 miljoen een van die grootste stede ter wêreld.[1] Dit is die kulturele, ekonomiese en finansiële sentrum van Turkye.

Die stad lê in die Istanboel-provinsie en beslaan 27 van die provinsie se 39 distrikte.[2] Dit is in die noordweste van die land aan die Bosporus-seestraat geleë en omsluit die natuurlike hawe die Goue Horing. Dit strek oor beide die Europese kant (Thrakië) en die Asiatiese kant (Anatolië) van die Bosporus en is die enigste stad ter wêreld wat op twee kontinente geleë is.

Sy geskiedenis strek oor ’n tydperk van 3 000 jaar en dit word as een van die oudste stede beskou wat steeds bestaan. In sy lang geskiedenis was Istanboel die hoofstad van die Romeinse (330–395), die Bisantynse (395–1204 en 1261–1453), die Latynse (1204–1261) en die Ottomaanse Ryk (1453–1922). Dit is aangewys as Europa se kulturele hoofstad van die jaar 2010. Die historiese dele van die stad is sedert 1985 ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.[3]

  1. "İllere göre merkez ve belde/köy nüfus toplamları". Türkiye İstatistik Kurumu. 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2011. Besoek op 16 Julie 2009.
  2. "Distrikte van Istanboel". Ibb.gov.tr. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2020. Besoek op 28 Mei 2009.
  3. "Unesco | Historiese gebiede van Istanboel". Whc.unesco.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2020. Besoek op 28 Mei 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search